Moenie julle leefstyl aanpas by die gedrags patrone van hierdie wereld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil he dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. [Romeine 12:2 (NLV)]
Hier is n duidelike opdrag dat ons onsself nie aan die wereld moet gelykvormig nie maar God moet toelaat om ons gedagtes te vernuwe. Jakobus se in sy brief dat n vriend van die wereld n vyand van God is. Jy kan nie n vriend van die wereld wees en n vriend van God nie(Jak 4).
Ons moet toelaat dat God ons denkpatrone vernuwe. Elke gedagte moet ons gevange neem en dit na die Here toe ly.
Al word jy n vyand van die wereld sodra jy n vriend van God geword het moet jy nie bekommerd wees nie. Die wereld het verval in allerande onheilighede. Die wereld versoek en verlei jou maar God kan jou nie verlei nie. God het n plan vir elkeen van ons wat in Hom glo. Rom 12:12 se dat ons moet bly wees oor die wonderlike toekoms wat God vir ons beplan. Ons moet volhard in tye van swaarkry en beproewing en nie verslap in gebed nie
Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom [Romeine 12:21 (NLV)]
No comments:
Post a Comment