Tuesday, 12 August 2014

Goddelike wysheid oortref menslike slimmegheid


Op die kruis van Golgota het God gewys hoe dwaas die wysheid van hierdie wereld eintlik is. Die wereld se standaarde van wysheid verskil heeltemal van dit wat God as wysheid beskou. Ons kan sien dat wetenskaplikes heeltyd probeer om God te bewys met wetenskaplike formules ens, of hulle prober om God op grond van sogenaamde “wetenskap” verkeerd te bewys. Terwyl God vir ons se dat die wereld Hom nooit deur menslike wysheid of slimmigheid sal vind nie en daarom het Hy Sy enigste seun gestuur sodat elkeem wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan he. Vir die wereld mag die kruis dalk belaglik klink maar vir ons as gelowiges is die die krag van God.

Die goddelose mense sien die kruiseging as “dwaasheid” en “swakheid.”
Hierdie Goddelike “dwaasheid” is oneindigwyser as enige menslike wysheiden hierdie Goddelike “swakheid” is oneindig sterker as enige menslike kragvertoon. [1 Kor 1:25 (NLV)]

God kies die wat vir die wereld dwaas is om wys te wees en die wat vir die wereld swak is om kragtevol te wees.

Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wereld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en di twat vir die wereld na swakheid gelyk het , het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. [1 Kor 1:27 (NLV)]

Gevolglik het ons geen rede om te roem in onsself nie (vers 29 “Gevolglik het niemand enige grond om sy bors voor God uit te stoot nie”)

Dit is alleenlik deur God dat ons vandag aan Jesus Christus behoort nie deur ons kragte of dade nie. Ek sluit af met die volgende:

Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. [1 Kor 1:30 (NLV)]


No comments:

Post a Comment