Almal wat hulle laat lei deur die Gees is God se kinders
Op die
kruis het Jesus afgereken met sonde in ons menslike bestaan, nie sodat ons nie
die wet hoef te gehorsaam nie maar sodat ons kan voldoen aan die vereistes van
die wet – die wat nie meer volgens die sondige natuur lewe nie maar volgens die
Gees (Rom 8:3-4).
Die mense
wat deur hulle sondige natuur gedomineer word, hulle gedagtes word oorheers
deur sondige dinge (vers 5).
Maar die
wat deur die Gees beheer word hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees
gelukkig maak (vers 5).
As jou
sondige natuur jou denke oorheers lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou
denke oorheers , beteken dit vir jou ware lewe en vrede (vers 6).
Die wat nie
deur n sondige natuur beheer word nie, hulle word deur die Gees beheer omdat
die Gees van God in hulle woon. Die sondige natuur lei tot die dood maar die
Gees van God lei tot die ewige lewe. Hulle wat nie die Gees van Christus het
nie is nie een van Sy mense nie.
No comments:
Post a Comment