Wednesday, 16 July 2014

Hoekom daar mense teen die kerke wereld gekant is

Ek wonder partykeer hoekom daar mense is wat so teen die kerk is en God heeltyd laster en haat, hoekom mense se die kerk gaan alles net oor geld ens. Dit maak my so hartseer om sulke goed te hoor omdat ek die ware liefde en genade van God ken. Die hartseer realiteit daarvan is dat daar predikante, pastore, dominee ens. is wat in hulself roem omdat hulle die Woord van God ken maar hulle self voer nie die opdragte daarvan uit nie, hulle besef ook nie watter skade hulle doen aan mense en aan God se koninkryk nie. 


Hulle is leermeesters van mense maar hulle neem nie hulle eie lesse/preke ernstig op nie. Daarom leer Die Bybel ons dat ons geloof dade moet word, wat ons se moet ons doen anders beteken ons geloof niks! Dit is waar die spreekwoord: “practice wat you preach” vandaan kom. As jy jouself op God se wet beroem en dit nie self onderhou nie roof jy God van Sy eer. Geen wonder die wereld praat sleg van God en Sy kerk nie.

Romeine 3:23-24 (NLV):“Ja, jy wat jou in God se wet beroem – jy beroof God van Sy eer deurdat jy self die wet oortree. Geen wonder nie dat die Skrif se: “Julle veroorsaak dat God se Naam onder die nie-Joodse nasies sleggemaak word.”
Mag die kerk en ons as gelowiges opnuut tot bekering kom en nie net hoorders is van God se Woord nie maar dat ons ook doeners daarvan sal word.
Mag God Sy regmatige plek in die kerk terugneem.

No comments:

Post a Comment