Israel het so hard probeer om God se vryspraak te verkry deur nakoming van die wet. Hulle het vas geglo dat hulle deur “goeie” dade God se goedkeuring sal ontvang. Maar hoekom het hulle nie geslaag daarin om God se vryspraak ontvang nie? Omdat hulle dit op grond van hulle eie goeie dade probeer verkry het en nie deur geloof nie. Ons kan net vryspraak ontvang deurdat ons glo! Omdat Israel self probeer het om God se vryspraak te ontvang, het hulle nie daarin geslaag nie.
Romeine 10:4 (NLV) Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.
Nie net word ons deur geloof in Christus vrygespreek nie, maar as ons met ons mond ook bely sal ons ook verlos word. Romeine 10:9 (NLV) Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.
As jy met jou hart glo word jy vrygespreek en as jy met jou mond bely word jy verlos!
Wat n belofte om aan vas te hou: Nie net word ons verlos nie maar ons word ook vrygespreek.
Nie deur goeie dade of werke nie, maar deur geloof in Christus en belydenis daarvan ontvang ons God se vryspraak
No comments:
Post a Comment