Monday, 21 July 2014

Geloofsoortuiging

Ons kan soveel leer van Abraham se geloof. Abraham was absoluut daarvan oortuig gewees dat God enige iets kon doen wat Hy beloof het. Hy het net geweet dat God sal doen wat Hy gesĂȘ het Hy sal doen. Wat merkwaardig is van Abraham is die geloofsoortuiging wat hy in sy hart gehad het. Die probleem met ons geloof is dat ons nie altyd daardie oortuiging en sekerheid van geloof in ons harte het nie : “Dat niks vir God onmoontlik is nie” ; “Dat God n waarmaker van Sy Woord is” ens.

Abraham het n rede gehad om so sterk in geloof te wees, ons het ook n rede en Sy Naam is Jesus Christus. Ek wil n stelling maak en se dat ons nou n beter rede het om te glo op grond van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het. Ons moet ook daardie geloofsoortuiging in ons hart koester wat Abraham gehad het. As jy nie daardie oortuiging op die oomblik het nie vra eenvoudig net dat die Here jou daardie oortuiging sal gee. Ons weet waartoe God in staat is en ons weet dat niks vir Hom onmoontlik is nie tog besef ons dit nie! 

As jy vir God vra vir geloofsoortuiging moet jy bereid wees om n geloofstoets te ondergaan sodat jy net op Hom kan vertrou. Ons moet nie op ons eie vermoens vertrou vir geloof nie maar vir God. Soos wat ons liggame verswak moet ons geloof steeds vas bly staan soos wat Abraham se geloof nie verswak het nie alhoewel sy liggaam gedaan was.
Vertrou net op die Here en Hy sal jou nie teleur stel nie. Moenie net my woord daarvoor vat nie maar toets dit. Hy is immers die voleinder van ons geloof.
AMEN

No comments:

Post a Comment