Tuesday, 12 August 2014

Goddelike wysheid oortref menslike slimmegheid


Op die kruis van Golgota het God gewys hoe dwaas die wysheid van hierdie wereld eintlik is. Die wereld se standaarde van wysheid verskil heeltemal van dit wat God as wysheid beskou. Ons kan sien dat wetenskaplikes heeltyd probeer om God te bewys met wetenskaplike formules ens, of hulle prober om God op grond van sogenaamde “wetenskap” verkeerd te bewys. Terwyl God vir ons se dat die wereld Hom nooit deur menslike wysheid of slimmigheid sal vind nie en daarom het Hy Sy enigste seun gestuur sodat elkeem wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan he. Vir die wereld mag die kruis dalk belaglik klink maar vir ons as gelowiges is die die krag van God.

Die goddelose mense sien die kruiseging as “dwaasheid” en “swakheid.”
Hierdie Goddelike “dwaasheid” is oneindigwyser as enige menslike wysheiden hierdie Goddelike “swakheid” is oneindig sterker as enige menslike kragvertoon. [1 Kor 1:25 (NLV)]

God kies die wat vir die wereld dwaas is om wys te wees en die wat vir die wereld swak is om kragtevol te wees.

Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wereld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en di twat vir die wereld na swakheid gelyk het , het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. [1 Kor 1:27 (NLV)]

Gevolglik het ons geen rede om te roem in onsself nie (vers 29 “Gevolglik het niemand enige grond om sy bors voor God uit te stoot nie”)

Dit is alleenlik deur God dat ons vandag aan Jesus Christus behoort nie deur ons kragte of dade nie. Ek sluit af met die volgende:

Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. [1 Kor 1:30 (NLV)]


Wednesday, 30 July 2014

Gelykvormig jou aan God en nie die wereld nie

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedrags patrone van hierdie wereld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil he dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. [Romeine 12:2 (NLV)]


Hier is n duidelike opdrag dat ons onsself nie aan die wereld moet gelykvormig nie maar God moet toelaat om ons gedagtes te vernuwe. Jakobus se in sy brief dat n vriend van die wereld n vyand van God is. Jy kan nie n vriend van die wereld wees en n vriend van God nie(Jak 4).


Ons moet toelaat dat God ons denkpatrone vernuwe. Elke gedagte moet ons gevange neem en dit na die Here toe ly.

Al word jy n vyand van die wereld sodra jy n vriend van God geword het moet jy nie bekommerd wees nie. Die wereld het verval in allerande onheilighede. Die wereld versoek en verlei jou maar God kan jou nie verlei nie. God het n plan vir elkeen van ons wat in Hom glo. Rom 12:12 se dat ons moet bly wees oor die wonderlike toekoms wat God vir ons beplan. Ons moet volhard in tye van swaarkry en beproewing en nie verslap in gebed nie

Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom [Romeine 12:21 (NLV)]

Monday, 28 July 2014

Vrygespreek en verlos

Israel het so hard probeer om God se vryspraak te verkry deur nakoming van die wet. Hulle het vas geglo dat hulle deur “goeie” dade God se goedkeuring sal ontvang. Maar hoekom het hulle nie geslaag daarin om God se vryspraak ontvang nie? Omdat hulle dit op grond van hulle eie goeie dade probeer verkry het en nie deur geloof nie. Ons kan net vryspraak ontvang deurdat ons glo! Omdat Israel self probeer het om God se vryspraak te ontvang, het hulle nie daarin geslaag nie.
Romeine 10:4 (NLV) Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.

Nie net word ons deur geloof in Christus vrygespreek nie, maar as ons met ons mond ook bely sal ons ook verlos word. 
Romeine 10:9 (NLVWant  as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.


As jy met jou hart glo word jy vrygespreek en as jy met jou mond bely word jy verlos!
Wat n belofte om aan vas te hou: Nie net word ons verlos nie maar ons word ook vrygespreek.
Nie deur goeie dade of werke nie, maar deur geloof in Christus en belydenis daarvan ontvang ons God se vryspraak

Friday, 25 July 2014

Wie waarlik God se kinders is, lewe deur die Gees

Almal wat hulle laat lei deur die Gees is God se kinders

Op die kruis het Jesus afgereken met sonde in ons menslike bestaan, nie sodat ons nie die wet hoef te gehorsaam nie maar sodat ons kan voldoen aan die vereistes van die wet – die wat nie meer volgens die sondige natuur lewe nie maar volgens die Gees (Rom 8:3-4).
Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word, hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge (vers 5).

Maar die wat deur die Gees beheer word hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak (vers 5).

As jou sondige natuur jou denke oorheers lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers , beteken dit vir jou ware lewe en vrede (vers 6).

Die wat nie deur n sondige natuur beheer word nie, hulle word deur die Gees beheer omdat die Gees van God in hulle woon. Die sondige natuur lei tot die dood maar die Gees van God lei tot die ewige lewe. Hulle wat nie die Gees van Christus het nie is nie een van Sy mense nie.


Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders [Rom 8:14 (NLV)]

Tuesday, 22 July 2014

Ewige lewe of ewige dood?

Ons is dood vir sonde en moet ons vir God lewe. Ons kan nie aanhou om n sondige geaardheid voort te lewe nie. Paulus skryf vir ons in Romeine 6 dat dit tog onmoontlik is dat ons daarin kan voortlewe. As iemand sterf word hy vry van die mag van sonde. Daarom het ons saam met Jesus gesterf toe ons gedoop was, ons het die ou sondige lewe afgele en nou kan ons deur Christus Jesus n totale lewe lewe, n lewe wat God verheerlik. Toe Jesus gesterf het, het Hy die mag van sonde oor ons verbreek! Sonde se gevolg is die dood maar dank die Here dat sonde nie meer mag het oor ons nie. Wie saam met Jesus een word  sal nooit weer sterwe nie. Die dood het geen mag meer oor Hom nie.

Wat die sonde uitbetaal is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here [Romeine 6:23 (NLV)]

Monday, 21 July 2014

Geloofsoortuiging

Ons kan soveel leer van Abraham se geloof. Abraham was absoluut daarvan oortuig gewees dat God enige iets kon doen wat Hy beloof het. Hy het net geweet dat God sal doen wat Hy gesê het Hy sal doen. Wat merkwaardig is van Abraham is die geloofsoortuiging wat hy in sy hart gehad het. Die probleem met ons geloof is dat ons nie altyd daardie oortuiging en sekerheid van geloof in ons harte het nie : “Dat niks vir God onmoontlik is nie” ; “Dat God n waarmaker van Sy Woord is” ens.

Abraham het n rede gehad om so sterk in geloof te wees, ons het ook n rede en Sy Naam is Jesus Christus. Ek wil n stelling maak en se dat ons nou n beter rede het om te glo op grond van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het. Ons moet ook daardie geloofsoortuiging in ons hart koester wat Abraham gehad het. As jy nie daardie oortuiging op die oomblik het nie vra eenvoudig net dat die Here jou daardie oortuiging sal gee. Ons weet waartoe God in staat is en ons weet dat niks vir Hom onmoontlik is nie tog besef ons dit nie! 

As jy vir God vra vir geloofsoortuiging moet jy bereid wees om n geloofstoets te ondergaan sodat jy net op Hom kan vertrou. Ons moet nie op ons eie vermoens vertrou vir geloof nie maar vir God. Soos wat ons liggame verswak moet ons geloof steeds vas bly staan soos wat Abraham se geloof nie verswak het nie alhoewel sy liggaam gedaan was.
Vertrou net op die Here en Hy sal jou nie teleur stel nie. Moenie net my woord daarvoor vat nie maar toets dit. Hy is immers die voleinder van ons geloof.
AMEN

Friday, 18 July 2014

DINGE WAT GOD NIE KAN DOEN NIE


·        God kan nie moeg word nie
Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van Sy insig meet nie.
Jesaja 40:28 (NLV)

·         God kan nie onheilig wees nie
Hulle het mekaar toegeroep: “ Heilig, heilig, heilig is die Here, die almagtige! Die hele aarde is vol van Sy heerlikheid!”
Jesaja 6:3 (NLV)

·         God kan nie voortrek nie
Toe antwoord Petrus: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie. In enige volk neem Hy die mense aan wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is.
Handelinge 10:34-35 (NLV)

·         God kan nie Sy beloftes breek nie
Ek sal my verbond nie verbreek nie, en wat Ek beloof het, nie verander nie.
Psalm 89:35 (NLV)

·         God kan nie sondes onthou wat Hy gekies het om te vergeet nie
Ek ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nooit weer daaraan nie.
Jesaja 43:25 (NLV)

·         God kan nie jou verlaat nie
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat en julle verlaat nie.
Deuterononium 31:6 (NLV)

·         God kan jou nie ophou liefhe nie
Lank gelede reeds het die Here dit aan ons bekend gemaak: “Ek het jou lief met n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.”

Jeremia 31:3 (NLV)

Thursday, 17 July 2014

Hoe ontvang ons God se vryspraak?



Ons kan alleenlik God se vryspraak ontvang deurdat ons glo. Daar is net een God en een manier om Sy vryspraak te ontvang [Romeine 3:30 (NLV) : “Daar is net een God en net een manier om Sy vryspraak te ontvang. Hy spreek mense vry net deurdat hulle glo – en dit geld vir Jode sowel as nie-Jode.” ]

Ons word nie op grond van wetsgehoorsaamheid of goeie dade vrygespreek nie.

Dit is duidelik dat daar net een manier is om God se vryspraak te ontvang [Romeine 3:21-30]
Nie deur wetsgehoorsaamheid nie.
Nie deur goeie dade nie.
Nie deur ons verdienste nie. Ons kan  ons dus nie daarop beroem dat ons enige iets gedoen het om vryspraak te ontvang nie.

Net deur God se genade ontvang ons die vryspraak deur ons geloof in Jesus Christus en dit geld vir almal. Hier is God nie net regverdig nie maar Hy verklaar almal regverdig wat in Jesus Christus glo.


Wednesday, 16 July 2014

Hoekom daar mense teen die kerke wereld gekant is

Ek wonder partykeer hoekom daar mense is wat so teen die kerk is en God heeltyd laster en haat, hoekom mense se die kerk gaan alles net oor geld ens. Dit maak my so hartseer om sulke goed te hoor omdat ek die ware liefde en genade van God ken. Die hartseer realiteit daarvan is dat daar predikante, pastore, dominee ens. is wat in hulself roem omdat hulle die Woord van God ken maar hulle self voer nie die opdragte daarvan uit nie, hulle besef ook nie watter skade hulle doen aan mense en aan God se koninkryk nie. 


Hulle is leermeesters van mense maar hulle neem nie hulle eie lesse/preke ernstig op nie. Daarom leer Die Bybel ons dat ons geloof dade moet word, wat ons se moet ons doen anders beteken ons geloof niks! Dit is waar die spreekwoord: “practice wat you preach” vandaan kom. As jy jouself op God se wet beroem en dit nie self onderhou nie roof jy God van Sy eer. Geen wonder die wereld praat sleg van God en Sy kerk nie.

Romeine 3:23-24 (NLV):“Ja, jy wat jou in God se wet beroem – jy beroof God van Sy eer deurdat jy self die wet oortree. Geen wonder nie dat die Skrif se: “Julle veroorsaak dat God se Naam onder die nie-Joodse nasies sleggemaak word.”
Mag die kerk en ons as gelowiges opnuut tot bekering kom en nie net hoorders is van God se Woord nie maar dat ons ook doeners daarvan sal word.
Mag God Sy regmatige plek in die kerk terugneem.

Tuesday, 15 July 2014

Die God of n God?


Dien ons DIE God of dien ons net N God?

Sodra ons praat van N GOD verwys ons na een van n paar gode maar as ons praat van DIE GOD verwys ons  na net een God .

As ons praat van “ N God ”  erken ons eintlik dat daar meer as een God is terwyl ons weet dat daar net EEN GOD, EEN JESUS en EEN HEILIGE GEES is.




Daarom dien ons DIE GOD en nie net n God nie, DIE HEILIGE GEES en nie n Heilige Gees nie. 

Vlam wat brand

Die eerste visioen wat ek gehad het (19-02-2014)


Die Here het my ‘n vlam gewys wat brand.  Hoe meer brandstof daar bygevoeg word, hoe groter het die vlam begin brand.  Dit het groter geword totdat dit ‘n vuur was.  Die vuur het groter en groter geword en hoe groter die vuur geword het hoe meer brandstof het dit nodig gehad om aan te hou brand.  Hierdie vuur het ander vlamme ook aangesteek sodat dit ook soos ‘n vuur begin brand het.  Sommige vlamme het uitgebrand, omdat dit nie aangesteek kon word nie.  Naderhand is hierdie vuur soos ‘n groot bosbrand in ‘n droë gebied waar die wind die vuur waai in die rigtings en ander droë gebiede aansteek totdat die hele wêreld aan die brand was.  Die vuur het alles wat droog is, afgebrand en groen gras het begin opkom.

Ons is die vlam wat brand en ons brandstof is Jesus Christus.  Hoe meer ons van Hom kry, hoe meer groei ons geestelik en hoe meer het ons Hom nodig.  Sommige mense gaan geestelik dood, omdat hulle nie toelaat dat God hulle aansteek nie.  Hulle vlamme is deur die wêreld aangesteek en word gou weer geblus.  Die wind wat ons waai is die Heilige Gees.  Alles wat droog is en afgebrand word is die onreinhede van die wêreld soos: afgodery, dronkenskap, hoerery, egbreek, geldgierigheid, haat, jaloesie ens.  Die liefde van Jesus Christus is die groen gras wat opkom en kleur aan die wêreld gee.