Thursday, 26 November 2015

Waarom is daar nie wonderwerke in my lewe nie? Deel 2




"En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie." MATTHÉÜS 13:58 AFR53


Jesus was in Nasaret verag omdat hy groot kragte en wonders kon doen. Mense het aanstoot geneem van Sy wysheid en kragte. Hulle ongeloof het gekeer dat Jesus sy krag in hulle openbaar.

Net so ook kan ons die werking van God in ons lewe beperk deur ongelowig te wees. Die vyand gebruik moeilike omstandighede tot sy voordeel sodat ons kan twyfel in God en Sy krag. Maar is die twyfel regtig die moeite werd?
Ongeloof kweek ongeloof.

Niks is vir God onmoontlik nie!

"Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."
LUKAS 18:27 AFR53

"Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."
MATTHÉÜS 19:26 AFR53

"En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."
MARKUS 9:23 AFR53

Met die bogenoemde teksverse is dit duidelik dat ongeloof nie 'n voet het om te staan nie.Niks is vir God onmoontlik nie en niks is onmoontlik vir die een wat glo nie. Sal ons nie opnuut glo nie?

Die Here seën

Wednesday, 25 November 2015

Waarom is daar nie wonderwerke in my lewe nie? Deel 1




Skriflesing: Johannes 9:1-7


In hierdie gedeelte lees ons van 'n man wat blind was van geboorte af. Iemand wat die Here so nodig gehad het. Die goeie nuus is dat Jesus die man raak gesien het. Soos Jesus verbygegaan het, sien hy nie net die man raak nie Hy sien ook sy omstandighede raak. Ek wil u bemoedig deur te sê dat God jou en jou omstandighede raaksien vandag. Die Here sien jou raak en Hy is gereed met die oplossing.


Die dissipels vra Jesus 'n belangrike vraag in vers 2. Hulle vra wie het gesondig, die man of sy ouers. Indirek vra hulle eintlik wie se skuld dit is dat hy blind is van geboorte af. So dikwels beland ons in omstandighede dan wil ons weet wie se skuld is dit. Ons word dalk gekonfronteer met moeilike uitdagings en beproewinge en dan is ons gewoonlik geneig om die die Here te vra hoekom, waarom en wat het ek gedoen om dit te verdien. Ons begin om God te blameer vir die slegte dinge wat in ons lewe gebeur.

Jesus se antwoord was eenvoudig in vers 3 "Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word."

Ons moet besef dat dinge soms met ons gebeur sonder dat dit ons skuld of iemand anders sin is. Die lewe van 'n bloedgewaste is nie altyd maklik nie en dinge verloop nie altyd glad nie.

Dalk vra u vandag : "Hoekom gebeur daar slegte goed met my? Hoekom is ek blind? Hoekom is ek 'n emosionele wrak? Is daar hoop? "
Daar is beslis hoop, u het God nodig!


"En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is." LUKAS 5:31 AFR53


As ons volmaak was, sonder foute, sonder enige gebrokenheid, moeilike omstandighede en seer sou ons mos nie God nodig gehad het nie. Probleme is daar om ons te laat besef hoe nodig ons die Here het. Net soos die blind man Jesus nodig gehad het, so het ons ook Jesus nodig om die krag van God in ons te openbaar. Die Here sien ons en Hy is gereed om Sy krag in ons te openbaar. Jou huidige omstandighede is 'n geleentheid waarin God sy krag kan openbaar. Hou op om vas te kyk in die grootte van die berg of struikelblok in jou lewe. Kyk vas in die krag wat God daarin sal openbaar.

Wanner moeilike tye kom moet ons jubel en dans van blydskap omdat God sy krag in ons gaan openbaar. Elke uitdaging, storm en beproewing is 'n geleentheid om op God te vertrou. Hy is getrou, Hy sal Sy krag in jou lewe openbaar.

Ons het egter ook 'n verantwoordelikheid, en dit is om Hom gehoorsaam te wees. Ons besef nie aldag hoe baie mag ons in ons eie hande het om die seën van die Here in ons lewe te keer nie. Twee dinge keer die werking van God in ons lewe, dit is ongeloof en ongehoorsaamheid. Die een waarop ek wil fokus is ongehoorsaamheid. Die blinde man moes eers die klei wat Jesus berei het gaan afwas het. Jesus het hom beveel om die klei te gaan afwas. Hy het 'n keuse gehad of hy Jesus gaan gehoorsaam of nie. Net so ook het ons 'n keuse of ons Jesus gaan gehoorsaam of nie. Soveel keer mis ons 'n wonderwerk of genesing in ons lewe omdat ons nie bereid is om te doen wat Jesus vir ons sê om te doen nie. Ons moet ons verantwoordelikheid teenoor God nakom voordat ons enige wonderwerke in ons lewe kan verwag. Ons moet eers die klei van ons oë af was voordat ons kan sien.

Mag die Heilige Gees ons oortuig van die klei wat ons van ons oë af moet was.

Elkeen van ons het die Here so nodig. Ons het nodig dat Hy Sy krag in ons sal openbaar. Mag u vandag opnuut die openbaring van God se krag in u omstandighede ervaar. Alles gebeur met 'n rede, al is dit net sodat God sy krag daarin kan openbaar. Die Here seën

Tuesday, 12 August 2014

Goddelike wysheid oortref menslike slimmegheid


Op die kruis van Golgota het God gewys hoe dwaas die wysheid van hierdie wereld eintlik is. Die wereld se standaarde van wysheid verskil heeltemal van dit wat God as wysheid beskou. Ons kan sien dat wetenskaplikes heeltyd probeer om God te bewys met wetenskaplike formules ens, of hulle prober om God op grond van sogenaamde “wetenskap” verkeerd te bewys. Terwyl God vir ons se dat die wereld Hom nooit deur menslike wysheid of slimmigheid sal vind nie en daarom het Hy Sy enigste seun gestuur sodat elkeem wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan he. Vir die wereld mag die kruis dalk belaglik klink maar vir ons as gelowiges is die die krag van God.

Die goddelose mense sien die kruiseging as “dwaasheid” en “swakheid.”
Hierdie Goddelike “dwaasheid” is oneindigwyser as enige menslike wysheiden hierdie Goddelike “swakheid” is oneindig sterker as enige menslike kragvertoon. [1 Kor 1:25 (NLV)]

God kies die wat vir die wereld dwaas is om wys te wees en die wat vir die wereld swak is om kragtevol te wees.

Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wereld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en di twat vir die wereld na swakheid gelyk het , het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. [1 Kor 1:27 (NLV)]

Gevolglik het ons geen rede om te roem in onsself nie (vers 29 “Gevolglik het niemand enige grond om sy bors voor God uit te stoot nie”)

Dit is alleenlik deur God dat ons vandag aan Jesus Christus behoort nie deur ons kragte of dade nie. Ek sluit af met die volgende:

Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. [1 Kor 1:30 (NLV)]


Wednesday, 30 July 2014

Gelykvormig jou aan God en nie die wereld nie

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedrags patrone van hierdie wereld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil he dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. [Romeine 12:2 (NLV)]


Hier is n duidelike opdrag dat ons onsself nie aan die wereld moet gelykvormig nie maar God moet toelaat om ons gedagtes te vernuwe. Jakobus se in sy brief dat n vriend van die wereld n vyand van God is. Jy kan nie n vriend van die wereld wees en n vriend van God nie(Jak 4).


Ons moet toelaat dat God ons denkpatrone vernuwe. Elke gedagte moet ons gevange neem en dit na die Here toe ly.

Al word jy n vyand van die wereld sodra jy n vriend van God geword het moet jy nie bekommerd wees nie. Die wereld het verval in allerande onheilighede. Die wereld versoek en verlei jou maar God kan jou nie verlei nie. God het n plan vir elkeen van ons wat in Hom glo. Rom 12:12 se dat ons moet bly wees oor die wonderlike toekoms wat God vir ons beplan. Ons moet volhard in tye van swaarkry en beproewing en nie verslap in gebed nie

Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom [Romeine 12:21 (NLV)]

Monday, 28 July 2014

Vrygespreek en verlos

Israel het so hard probeer om God se vryspraak te verkry deur nakoming van die wet. Hulle het vas geglo dat hulle deur “goeie” dade God se goedkeuring sal ontvang. Maar hoekom het hulle nie geslaag daarin om God se vryspraak ontvang nie? Omdat hulle dit op grond van hulle eie goeie dade probeer verkry het en nie deur geloof nie. Ons kan net vryspraak ontvang deurdat ons glo! Omdat Israel self probeer het om God se vryspraak te ontvang, het hulle nie daarin geslaag nie.
Romeine 10:4 (NLV) Christus is immers die eindbestemming van die wet sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.

Nie net word ons deur geloof in Christus vrygespreek nie, maar as ons met ons mond ook bely sal ons ook verlos word. 
Romeine 10:9 (NLVWant  as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.


As jy met jou hart glo word jy vrygespreek en as jy met jou mond bely word jy verlos!
Wat n belofte om aan vas te hou: Nie net word ons verlos nie maar ons word ook vrygespreek.
Nie deur goeie dade of werke nie, maar deur geloof in Christus en belydenis daarvan ontvang ons God se vryspraak