Thursday, 26 November 2015

Waarom is daar nie wonderwerke in my lewe nie? Deel 2




"En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie." MATTHÉÜS 13:58 AFR53


Jesus was in Nasaret verag omdat hy groot kragte en wonders kon doen. Mense het aanstoot geneem van Sy wysheid en kragte. Hulle ongeloof het gekeer dat Jesus sy krag in hulle openbaar.

Net so ook kan ons die werking van God in ons lewe beperk deur ongelowig te wees. Die vyand gebruik moeilike omstandighede tot sy voordeel sodat ons kan twyfel in God en Sy krag. Maar is die twyfel regtig die moeite werd?
Ongeloof kweek ongeloof.

Niks is vir God onmoontlik nie!

"Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."
LUKAS 18:27 AFR53

"Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."
MATTHÉÜS 19:26 AFR53

"En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."
MARKUS 9:23 AFR53

Met die bogenoemde teksverse is dit duidelik dat ongeloof nie 'n voet het om te staan nie.Niks is vir God onmoontlik nie en niks is onmoontlik vir die een wat glo nie. Sal ons nie opnuut glo nie?

Die Here seën

No comments:

Post a Comment